Verantwoordelike burgers met selfrespek en n positiewe selfbeeld wat hul plek met trots
in die samelewing kan volstaan.
Die toepassing van n gebalanseerde opvoedingsprogram wat die kind se karaktervorming en liggaamlike ontwikkeling ten doel het. Ter verwesenliking hiervan word daar, benewens die akademiese, ook ernstig aandag aan o.a. kuns, musiek en godsdiens asook die sosiale en ekonomiese dimensies van menslike ontwikkeling gewy. In die opvoedingsprogram sal gestrewe word na die handhawing van dissipline en n doelgerigte vennootskap met ouers.